skip to Main Content
Tel: 0861 100 999 | DebtSafe Client - Login
Skuld Kan Kelder As Studente Arbeidsmark Betree – Son

Skuld Kan Kelder As Studente Arbeidsmark betree – Son

Son het onlangs die artikel gepubliseer oor oproeringe by universiteite. Studente het betoog oor studiegeld wat duurder gaan raak.

Terwyl pres. Jacob Zuma aangekondig het daar gaan ’n 0%-styging in tariewe wees, is die alomteenwoordige kwessie van studente­lenings steeds in die agterkant van almal se gedagtes.

Debtsafe, ’n betroubare skuldhersieningsmaatskappy, sê daar is ’n paar maniere om kwessies rondom studenteskuld en terugbetalings op te los.

“Sodra die opwinding van die verkryging van jou tersiêre kwalifikasie bedaar het, word jy gekonfronteer met die enorme skuldterugbetalings – en dis ontmoedigend,” sê Wikus Olivier, ’n skuldbestuurkenner van dié maatskappy.

Wanneer ’n gegradueerde die arbeidsmark betree, is hy/sy reeds benadeel deur skuld.

Die president se aankondiging is ’n groot oorwinning vir die studente, maar volgens Olivier moet die regering opvoeding meer haalbaar en bekostigbaar maak.

Wikus sê: “Jong mense word in skuld geforseer (met studentelenings) en as dit voortgaan, sal die land ongelukkig verdrink in skuld.”