skip to Main Content
Tel: 0861 100 999 | DebtSafe Client - Login
Ons Moet Vir Maer Tye Spaar – Son

Ons Moet Vir Maer Tye Spaar – Son

Is jy een van daai mense wat waan­sinnig begin dieet wanneer die somer naderkom? Son motiveer verbruikers om minder geld uit te gee!

En dan, ná twee weke, gooi jy die handdoek in, want dis te moeilik om vol te hou . . .

Dié scenario sal dan ook vir jou finansies en bestedingsgewoontes van toepassing wees.

Jou finansiële plan moet volhoubaar en relatief maklik wees om mee te leef.

DebtSafe, ’n skuldhersieningsmaatskappy, moedig verbruikers aan om gesonde spaar- en bestedingsgewoontes volhoubaar te maak. Dan is dit maklik om aan te gaan met die lewe.

’n Onlangs opname oor mense se bestedings- en spaargewoontes het bevind 76% van die deelnemers het nie ’n spaarplan nie. Volgens Wikus Oliver van DebtSafe sê dis veral te wyte daaraan dat uitgawes verhoog en salarisse dieselfde bly.