skip to Main Content
Tel: 0861 100 999 | DebtSafe Client - Login
Bestuur Jou Skuld Beter – Voelgoed

Bestuur Jou Skuld Beter – Voelgoed

In hierdie Voelgoed artikel, bespreek ons hoe ons lewens eintlik om skuld draai – van jou huisverband tot die kredietkaart wat jy vir noodgevalle hou. Hier is raad om te keer dat jy uiteindelik in jou skuld verdrink.

Volgens DebtSafe bestee die gemiddelde Suid-Afrikaner elke maand 76% van hulle inkomste aan die terugbetaling van skuld. As jy in so ’n situasie is, beteken dit dat jy baie meer van jou salaris aan skuld bestee as aan iets anders. Maar jy mag dalk jou werk verloor en dan sal jy nie daardie skuld kan terugbetaal nie.

Hier is raad:

Beperk jou skuld soveel as wat moontlik is – Terwyl jy besig is om jou skuld terug te betaal, probeer om nie nog skuld te maak nie. As jy aan die einde van die maand kruideniersware op jou kredietkaart koop, moet jy met ’n strenger oog na julle begroting begin kyk. Dit beteken dat jy bo jou finansiële vermoë leef en dit tyd geword het dat sekere maandelikse uitgawes besnoei word. Daar is altyd ’n uitgawe wat jy kan uitskakel as jy eerlik is met jouself.

Natuurlik is dit baie aanloklik om jou kredietkaart uit te haal met die feesseisoen wat om die draai is. Geskenke vir die kinders word al duurder en jou bonus strek nie meer so ver soos voorheen nie. Stel daarvoor ook ’n begroting op. Jou kind hoef immers nie die nuutste slimfoon vir Kersfees te kry nie.

Moenie ophou spaar om jou skuld te delg nie – As jou maandelikse paaiemente meer as jou ander uitgawes elke maand is, is dit maklik om op te hou spaar. Dit gaan egter nie jou finansiële posisie verbeter nie. Dit is vanselfsprekend dat jy nooit polisse moet laat uitbetaal net om skuld te delg nie, maar moet ook nie jou gewone spaarrekening leeg trek daarvoor nie, behalwe as jy jou spaargeld kan gebruik om ’n spesifieke skuld heeltemal te delg. Doen dit net as jy binnekort weer kan begin spaar. Jy weet nooit wanneer jou seun sy arm kan breek en julle mediese fonds ’n bybetaling vereis nie. Jy wil nie van voor af skuld maak om dit te betaal nie. Hou aan om ’n paar rand weg te sit vir noodgevalle, selfs al is dit ’n bietjie minder sodat jy nogtans jou minimum paaiement kan betaal.

Lees gerus verder vir meer advies!